Bring jou familie, nooi jou vriende en maak jou reg vir ’n vyfster-ervaring, want niks klop die bederf van goeie kos en samesyn om die tafel nie. Al wat jy moet doen, is om jou kaartjie te koop en jou stoel onder die tafel in te skuif. SARIE en Herman doen die res.
Boonop is die onthaalplek Warm Karoo gemaak vir saamkuier, en met wyne van die Robertson Wynmakery in jou glas, kan dit net ’n aand wees om te onthou!
INGESLUIT
Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en al Herman se resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan ook huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.
DATUMS
Woensdag 7 Junie 19:00
Donderdag 8 Junie 19:00
Vrydag 9 Junie 18:00
Saterdag 10 Junie 18:00
PLEK
Warm Karoo, Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein
KAARTJIES
R650 per persoon, alles ingesluit
Beskikbaar by www.warmkaroo.co.za/sarie
Reviews
There are no reviews yet.