SARIE Inspirasie-etes

Aangebied deur Robertson Wynmakery 2023

4 dae, 4 geleenthede vir ons lesers. Ná ons lekker kuier verlede jaar, maak SARIE weer ’n draai in die Rosestad. Kom ontmoet SARIE-redakteur, Michélle van Breda, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, wat spesiaal vir jou ’n vyfgang-maaltyd gaan kook, voorgesit saam met wyne van Robertson Wynmakery deur Herman uitgekies.

HOE WERK DIE TAFELS?

Jou bespreking bepaal die grootte van jou tafel. Ons vra dus dat jy vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense aan jou tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek word.

R650,00

Remove from wishlist
SKU: SARIE2023 Categories: , Tags: ,

Bring jou familie, nooi jou vriende en maak jou reg vir ’n vyfster-ervaring, want niks klop die bederf van goeie kos en samesyn om die tafel nie. Al wat jy moet doen, is om jou kaartjie te koop en jou stoel onder die tafel in te skuif. SARIE en Herman doen die res.

Boonop is die onthaalplek Warm Karoo gemaak vir saamkuier, en met wyne van die Robertson Wynmakery in jou glas, kan dit net ’n aand wees om te onthou!

BESONDERHEDE
Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en al Herman se resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan ook huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.
Die Inspirasie-etes vind plaas van 7 – 10 Junie 2023.
Woensdag – 19:00, Donderdag – 19:00, Vrydag – 18:00 & Saterdag – 18:00.
VIR NAVRAE, KONTAK:
dale@charcoalconsultants.co.za
Datum

Woensdag, 7 Junie 19:00, Donderdag, 8 Junie 19:00, Vrydag, 9 Junie 18:00, Saterdag, 10 Junie 18:00

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.