RAAF – ‘n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe. Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hulle musikaliteit en energie het gehore dié musiek ervaring as lewens veranderend laat beskryf. Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ‘n avontuur, elke oomblik ‘n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe PREDIKER album asook van die ou gunstelinge na Warm Karoo. Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie… Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!
Kaartjies:
Volwassenes – R250 & Kinders R120
Piekniek-bokse en verversings te koop by die Venue. Kontantkroeg
12h00 Hekke open / 14h00 RAAF-vertoning