Sold Out • Passed Event

Sondagmiddag-piekniek saam met RAAF

1 September 2024, 14:00

Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n Sondagmiddag-piekniek saam met RAAF by Warm Karoo! Sien uit na ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie, ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!

R100,00R200,00

Add to wishlist
SKU: RAAF01SEPT24 Categories: ,

RAAF – ‘n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe. Hulle genre kan nie beperk word tot een woord nie. Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hulle musikaliteit en energie het gehore dié musiek ervaring as lewens veranderend laat beskryf. Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders – elke dag is ‘n avontuur, elke oomblik ‘n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe PREDIKER album asook van die ou gunstelinge na die KKNK. Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie…

Kaartjies:
Volwassenes – R200 & Kinders R100
Piekniek-bokse en verversings te koop by die Venue. Kontantkroeg
12h00 Hekke open / 14h00 RAAF-vertoning

Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!

Ticket Type

Adults, Children